(Jwplayer)

November 9, 2015

#ATTACK: Deon van der Berg attacked & assaulted on his bicycle on the N4 in Pretoria



Deon van der Berg, aanbieder van die Huweliks- en Lewensverrykingseminare, is Saterdagoggend op sy fiets op die N4 buite Pretoria deur twee onbekende mans aangeval. 
Van der Berg het omstreeks 07:45 alleen op sy fiets op die Bakwena-hoofweg naby die Rosslyn- afrit gery. Daar is ʼn groot geel skouer langs die pad waar fietsryers gemaklik kan ry. Hy het Saterdagoggend twee mans in die pad sien staan. “Een van die mans het sy arm uitgesteek, en die gewoonte van fietsryers is dat mens sommer so aan mekaar se hande raak om te groet,” het hy aan Maroela Media verduidelik.

 “Die man het my egter van my fiets af gepluk en dit is toe dat die tweede persoon my met ʼn stok slaan.” 
Van der Berg het gesê hy kon vinnig opspring en die fiets tussen hom en sy aanvallers kry. “Ek het besef ek gaan myself moet verdedig. Daar het gelukkig motors begin stilhou en die twee het laat spaander.” Die vermoede bestaan dat persone fietsryers teiken wat alleen ry, en dat hulle die fietsryers spesifiek daar inwag, om vinnig by die treinbrug teen die heuwel uit te vlug. “Hulle weet wat is mens se fiets werd, en dat mens gewoonlik ʼn selfoon en dalk kontant by jou kan hê.” Van der Berg se arm is beseer, maar darem nie gebreek nie. “My vrou het gesê ek mag nie meer alleen ry nie!” het hy gesê. Hy beplan om hierdie jaar weer aan die Argus- fietsrytoer deel te neem, ʼn wedren waarin hy baie ervare is en trots is om sy groen nommer te dra. Van der Berg het in 2014 binne 12 dae 1 650 km afgelê en uiteindelik R180 000 ingesamel vir die bediening, Lewensverryking Seminare. Deon skryf ook rubrieke vir Lig- en Intiem- tydskrifte. Hy bied binnekort ʼn reeks oor Huweliksverryking aan vir Maroela Media se radioproduksiehuis, Draadloos. Dié reeks sal op die webwerf beskikbaar wees en word op verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/fietsryer-op-n4-aangeval/

#StopWhiteGenocideInSA