(Jwplayer)

November 11, 2015

#ATTACK: Afrikaner elderly woman, Rita Coetzee 86 was attacked by two black attackers and brutally assaulted with a rock at home




86-jarige Wreed Aangeval
Rustenburg – ‘n Diep-bejaarde vrou is in die Peglerae Life –hospitaal in die stad opgeneem met ernstige gesig- en hoofbeserings nadat sy Maandag, 9 November 2015 omstreeks 03:00 in haar huis in die stad aangeval is.

Rita Coetzee (86) van Kruisstraat het volgens Flip Coetzee, haar seun, die oggend omstreeks 03:00 wakker geword van ligte wat in haar huis brand. Sy het opgestaan om te gaan kyk wat aangaan en is twee swart verdagtes oorval. Hulle het haar met klippe wat by ‘n waterfokuspunt in die middel van die huis is, aangeval en in die gesig en oor die kop geslaan. Haar neus en wangbeen is gebreek, haar kaak seergemaak en in haar linkerwang is so ‘n groot wond dat haar tande sigbaar is, aldus Flip.

Hy het gesê hy is bitter dat sulke goed in Suid-Afrika met oumense gebeur. “Dis barbare. Hoekom vat hulle nie die goed en f&*^-off nie. Hoekom haar so aanrand?” Die twee het toegang tot die huis gekry deur die veiligheidshek en skuifdeur by die eetkamer oop te breek. Hulle het ook ‘n veiligheidshek in die gang oopgebreek.
Flip het aan Platinum Weekly gesê sy ma kon gelukkig wegkom en het haarself in die badkamer toegesluit. Die verdagtes is met onder meer haar selfoon, handsak met beursie en haar roomkleurige VW Jetta met registrasienommer DFZ415NW weg. Hy het teen Maandagmiddag nie geweet wat verder gesteel is nie omdat die polisie hom eers Dinsdag toegang tot die huis sou gee.

Rita het na ‘n ruk uitgekom maar moes in haar nagklere na die bure gaan om hulp te ontbied omdat die swart aanvallers met haar selfoon weg is en die landlyn se drade geknip het.
Flip het Maandag gesê dit gaan onder omstandighede goed met sy ma. Sy sou laatmiddag operasieteater toe geneem word om haar wonde te heg.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat weet waar die voertuig is, word gevra om speurkonstabel Ramokgadi, die ondersoekbeampte, te bel by 082 974 6903 of die speurtak by 014 590 4258.
http://www.platinumweekly.co.za/articleA1672.html

#StopWhiteGenocideInSA