(Jwplayer)

November 19, 2015

ATTACK: 3 Black attackers arrested after LangenhovenPark home invasion




Drie “berugte” gewapende rowers het hul rieme styf geloop danksy die flinke optrede van ʼn tuinier.
Drie “berugte” gewapende rowers het hul rieme styf geloop danksy die flinke optrede van ʼn tuinier. Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes het vroeg Woensdagoggend op ‘n huis in Langenhoven Park, buite Bloemfontein, toegeslaan. Volgens Marope is die rowers eers na ‘n buitegebou waar die 35-jarige tuinier en sy vrou geslaap het. Die rowers het aan die deur geklop en die woonplek binnegestorm toe die tuinier oopmaak. “Die tuinier en sy vrou is met skoenveters vasgebind en met ʼn vuurwapen aangehou.” Volgens Marope het die verdagtes drie selfone, skoene en ‘n televisie gebuit tydens die rooftog. “Twee van die rowers het hierna na die hoofhuis gegaan, terwyl een rower by die tuinier en sy vrou agtergebly het. Die tuinier kon intussen daarin slaag om homself te bevry waarna ‘n struweling tussen hom en die rower uitgebreek het. Die verdagtes het later gevlug sonder dat hulle daarin kon slaag om toegang tot die hoofhuis te kry.” Die polisie is onmiddellik ontbied en die verdagtes is kort daarna in Universitasrif in hegtenis geneem waar hulle glo ook besig was om die wet te oortree. “Al die gesteelde goedere is in die verdagtes se besit gevind.” Die verdagtes, tussen 25 en 36 jaar oud, sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/tuinier-weer-rowers-af/

#StopWhiteGenocideInSA