(Jwplayer)

October 21, 2015

Double #Murder: Update: Afrikaner elderly couple & friend were attacked by black attackers & for hours, tortured, dragged, burned with plastic, stabbed with a knife, strangled. Eric & Charlotte were killed, Vic seriously injured. NOTHING ROBBED!



Twee bejaardes van Memel in die Vrystaat is Dinsdagaand wreed in  hul  huis  vermoor. 

Sers.  Tshegofatso  Maliehe,  woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn bejaarde egpaar en nog ʼn bejaarde  man wat by hulle gewoon het, is omstreeks 18:00 deur twee verdagtes in hul huis oorval. 

Maliehe wou nie die name van die slagoffers bevestig nie, maar ʼn familievriend het aan Maroela Media bevestig dat dit ʼn bekende egpaar van die dorp, Viv (82) en Charlotte (78) Viviers, is. Die derde slagoffer,  Eric  Oosthuizen  (82),  is  familie  van  die egpaar. 

Volgens Maliehe het die aanvallers die drie mense se hande en voete vasgebind. Die huishulp het Woensdagoggend op die gru-toneel afgekom toe sy vir werk aangemeld het. Maliehe het gesê Viv is  vir  ure  lank  deur die aanvallers  gemartel om die kluis se sleutels te gee. Charlotte  se  liggaam  is glo  in die huis gevind, terwyl Oosthuizen se liggaam in ʼn buitekamer gevind is.  Maliehe  het  gesê die twee oorledenes is vermoedelik verwurg, omdat daar geen sigbare beserings  aan hul liggame was nie. “Daar word sover niks uit die huis vermis nie, maar die polisie is steeds  besig  om ondersoek in te stel,” het sy gesê. 

Thea du Plooy, ʼn familievriend, het aan Maroela Media gesê Viv is dokter toe geneem ná die aanval,  maar nie in die hospitaal opgeneem nie. “Hulle het hom met messe in sy bene gesteek en met plastiek  op sy maag gebrand. Hy het ook erge kneusplekke opgedoen soos hulle hom op en af in  die  huis  gesleep  het,”  het  sy gesê. 

Viv is glo ná die aanval na sy kinders in Newcastle geneem, waar hy tans aansterk.
“Dit  is  so  tragies.  Oom Viv en tannie Charlotte is bekend en so geliefd op die dorp. Ek het daar grootgeword en ek ken hulle al sedert ek ʼn kind was,” het Du Plooy gesê. “Die ergste is hul huis is net  twee huise van die skoolkoshuis af. Dit is ʼn groot skok vir die Memel-gemeenskap.” Maliehe het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enige persoon met inligting wat die polisie  met  hul  ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Tshidiso Salemane, by 082 466 7760 te bel.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/dubbelmoord-ruk-vrystaatse-dorp/

Also read:
■ DOUBLE #MURDER: Afrikaners, Mrs. Charlotte Viviers & Mr. Eric Oosthuizen - owner of the Memel Petrol Station has been brutally murdered

#Murder
#StopWhiteGenocideInSA