(Jwplayer)

October 25, 2015

#ATTACK: Afrikaner Steyn couple survived attack by black attackers in their home in West Street, Potgietersrus

Potgietersrus egpaar deur 3 verdagtes aangehou
"Met my hande agter my rug vasgebind en die opdrag “lay on the floor and sleep” het ek magteloos op die kombuisvloer in angs gelê en wag vir die skoot wat my en my man se lewens sou steel. Ek het gedink dit is verby met ons in die huis waar talle voetspore van ons gesin die afgelope 20 jaar vasgevang is.”
Dié is die aangrypende woorde van Alet Steyn nadat sy en haar man, Herman, verlede Woensdag om 19:15 nóg ‘n teiken van misdaad in die gemeenskap was.
Die egpaar van Potgietersrus is verlede Woensdagaand in hulle huis deur drie gewapende rowers oorval en van goedere van meer as ‘n half miljoen rand beroof
‘n Bekende egpaar is verlede Woensdagaand in hulle huis in Wesstraat deur rowers oorval.

Herman vertel hy het die buitehek gesluit, die voertuig in die motorhuis parkeer en terwyl hy besig was om pakkies in die huis in te dra het twee gewapende mans die huis stil-stil betree en voor hy sy oë kon uitvee het hy in die loop van ‘n pistool vasgekyk.

“Die verdagtes het ons hande agter ons rue met kabelbinders vasgebind en ons beveel om op die vloer te lê.

“Nadat hul die huis fyngekam het, is ek na die hoofslaapkamer gedwing om die kluis oop te sluit.”

Alet sê terwyl Herman en die twee verdagtes in die slaapkamer was het ‘n derde verdagte, die enigste een met ‘n balaklawa, ook die huis binnegekom en haar gevra wat haar pinkode van haar bankkaart is.

“Die verdagtes het ons voete vasgebind, ons monde toegeplak, ‘n hemp oor my kop gegooi en ons in die slaapkamer toegesluit.

“Ons hoop die gemeenskap leer uit ons slegte ondervinding. Eerder paraat as te laat.”

“Hulle het ‘n televisie, selfone, beursies, kontant en juwele gesteel en met ons splinternuwe aftreevoertuig, ‘n Ford Ranger bakkie waarvoor ons vir jare lank gespaar het, die hasepad gevat.”

Alet het Herman se voete met ‘n naelknipper losgesny waarna hy ‘n jagmes in sy bedkassie beetgekry het en hulle hande losgesny het.

Hulle het dadelik Suricat Armed Response geskakel en reaksie-offisiere Hennie Yeates en André Hough was binne minute op die toneel waarna hulle die polisie, Valke Buurtwag en lede van die gemeenskap gekontak het.

“Ek skat die nare ervaring het binne ‘n kwessie van 40 minute afgespeel, maar ‘n minuut het soos ‘n uur gevoel en om vir 40 minute jou eie dood in die oë te staar is verskriklik,” sê Herman.

Die egpaar is dankbaar dat die Here hulle beskerm het teen ernstige beserings en die dood.

“Ons ly steeds aan skok, maar het vanoggend (Maandag) vir berading gegaan.”

Hulle bedank die Mogalakwena Myn vir hul bystand en ondersteuning, Suricat, die polisie en Valke Buurtwag vir hulle vinnige optrede, asook almal wat hulle gedurende hierdie tyd bystaan.

“Die Kersseisoen is op ons voorstoep en misdaad gaan veral gedurende die tydperk toeneem,” waarsku Herman en Alet.

Konstabel Irene Masingi, woordvoerder van die Mokopane polisiestasie, sê ‘n saak van huisroof is geopen, maar geen verdagtes is sover vasgetrek nie. ‘n Deeglike ondersoek word voortgesit.

“Die polisie vra dat die gemeenskap op die uitkyk moet wees vir ‘n wit Ford Ranger bakkie met die nommerplaat DBJ 310 L en hul naaste polisiestasie moet kontak met enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges. http://reviewonline.co.za/113496/egpaar-aangehou/

#StopWhiteGenocideInSA