(Jwplayer)

October 11, 2015

#ATTACK: Elderly man (84) attacked in his kitchen by 4 black attackers, he was stabbed with a screwdriver & severely beaten before they tied his hands and feet with cable ties. Two attackers were caught



Twee mans is in hegtenis geneem enkele minute nadat hulle by ʼn Johannesburgse huis ingebreek en ʼn bejaarde man met ʼn skroewedraaier gesteek het. 

Ao.  Xoli  Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê vier mans het Vrydag omstreeks 12:00 by ʼn huis  in  Moffat View ingebreek. “Die verdagtes het oor die heining gespring en ʼn 84-jarige man in die  kombuis aangeval. Hulle het hom met ʼn skroewedraaier gesteek en erg aangerand, voordat hulle  sy  hande en voete met kabelbinders vasgebind het,” het Mbele gesê. Die rowers het die huis omgekeer, glo opsoek na geld. Hulle het met ʼn houer vol juweliersware en ander items gevlug. Polisiebeamptes  op roetine misdaadbekampingsdiens het gesien hoe die vier mans van die toneel af  weghardloop en het versterkings ontbied. “Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 40 jaar oud, is gevang en in hegtenis geneem. Twee ongelisensieerde vuurwapens, ʼn skroewedraaier en die juweliershouer  is  in  hul  besit  gevind,”  het  Mbele  gesê. Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om weg te kom en is steeds soek. “Die bejaarde man is na ʼn hospitaal gehaas,” het hy gesê. Die twee verdagtes sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak  en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-vas-wat-bejaarde-met-skroewedraaier-steek/

ATTACK
#StopWhiteGenocideInSA