(Jwplayer)

October 7, 2015

#ATTACK: Elderly homeowner shot and killed machete attacker after he broke into the property in Pretoria


Pta-bejaarde skiet panga-aanvaller by huis dood

ʼn Vermeende swart panga aanvaller is Woensdag in die vroeë oggendure by die  huis  van ʼn bejaarde egpaar in die noorde van Pretoria doodgeskiet. Mirna von Benecke, woordvoerder van Sinoville-polisie, het aan Maroela Media gesê hoewel nog nie baie inligting bekend is nie, dui voorlopige ondersoek daarop dat  ʼn onbekende man omstreeks 04:00 by die egpaar se huis in Annlin toegeslaan het. “Die  verdagte het glo ʼn panga uit die motorhuis gesteel voordat die bejaarde vrou hom gesien het,” het  Von Benecke gesê. Die vrou het om hulp geroep en haar man het sy vuurwapen gaan haal. “Die  verdagte was glo op pad om die vrou te konfronteer, toe hy homself in die man vasgeloop het. Die man het hom en sy vrou beskerm en die verdagte noodlottig gewond.” Hy is op die toneel dood verklaar. Von Benecke het gesê die verdagte het geen identifikasie by hom gehad nie en sy ouderdom is nie bekend nie. Die slagoffers  se ouderdomme is ook nie nou bekend nie. “Die  polisie  doen  ‘n  geregtelike  doodsondersoek en ‘n saak van huisroof, want gesteelde items is in die  man se besit gevind,” het sy bygevoeg.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/pta-bejaarde-skiet-panga-aanvaller-by-huis-dood/

ATTACK