(Jwplayer)

October 12, 2015

#ATTACK: Afrikaner woman, child (4) survive hijacking horror


PRETORIA – Louis Coetzee (4) is deur drie mans amper Maandag uit sy tannie Alta van Wal se motor by ʼn verkeerslig in Pretoria, Sentraal-Transvaal gepluk.

Tydens die skokkende voorval het Alta, Louis se tannie, verbete aan hom vasgeklou en van haar naels gebreek terwyl ʼn derde man haar ook uit haar motor wou pluk. Dit het so aangehou totdat twee jong mans wat in die motor agter haar was, tot haar redding gekom het. Alta en Louis was in haar Toyota Etios van East Lynn op pad na ʼn sakeonderneming in die weste van Pretoria. Louis was Maandagoggend blykbaar siek en is nie oudergewoonte saam met sy sussie, Luane, kleuterskool toe nie. Die voertuig se vensters was halfpad oop omdat dit vreeslik warm was.

Alta het by ʼn rooi verkeerslig by die kruising van WF Nkomostraat [Kerkstraat-Wes] en Es’kia Mphahlelerylaan [DF Malan] stilgestaan. Sy en Louis het glo gesit en gesels toe die bestuurder van die rooi motor agter haar erg op sy toeter blaas en hoofligte flits. Die jong mans het met hul hande na buite van die voertuig beduie. Op daardie oomblik het Alta besef die twee mans is besig om Louis aan sy arms uit die voertuig te trek. ʼn Derde verdagte kon intussen daarin slaag om Alta se deur oop te maak en het haar uit die motor probeer pluk.

Die twee jong mans het glo uit hul motor gespring, waarna die aanvallers die hasepad gekies het. Alta het daarna uit skok en vrees weggejaag. Sy het tot by die sakeonderneming gery waar die personeel haar kalmeer het http://bmarksa.org/nuus/vierjarige-amper-slagoffer-van-ontvoering/

ATTACK