(Jwplayer)

September 13, 2015

#Murder Update: Photo of the #Afrikaner woman who was shot dead in Louis Trichardt



Maggie Castleman (48), wat skaars drie maande gelede van Nelspruit  na  Louis Trichardt  in  Limpopo verhuis het, is Saterdagaand naby haar werkplek in dié dorp glo vir ʼn tabletrekenaar  vermoor. Castleman se dogter, Jennifer Claassen, het Maandag aan Maroela Media gesê inligting oor voorval is nog vaag en vorm deel van die polisie  se  ondersoek. “Ons verneem my ma is Saterdagaand omstreeks 19:00 in haar motor naby haar werkplek, in ʼn industriële gebied van die dorp, geskiet,”  het  Claassen  gesê.  

“Die  polisie  vermoed sy het in haar motor gesit en was naby die werk se gebou om toegang tot die plek  se WiFi te kry. Iemand het haar seker dopgehou en op haar toegeslaan.” Volgens Claassen is haar ma in haar linkerbors geskiet. Daar word vermoed dat net haar tabletrekenaar  vermis  word, maar teenstrydige gerugte   doen die rondte dat haar selfoon en beursie  ook gesteel is.  “Dis  vir  ons  nog baie deurmekaar wat presies gebeur het.” ʼn Kollega van Castleman, wat glo by ʼn braai by die werkplek was, het op haar afgekom waar sy langs  die  motor gelê het en hulp ontbied. Castleman is vermoedelik in die ambulans op pad na ʼn hospitaal  toe  dood. Claassen is  omstreeks 11:30 van haar ma se moord ingelig. Claassen  beskryf haar ma as iemand wat altyd geglimlag het. “Sy was ʼn goeie mens en was altyd vriendelik.  Sy  het  gehou  van verf en hekel, al was sy nie regtig goed daarmee nie,” skerts sy hartseer.

Castleman was enkellopend. Haar seun en Claassen se broer, Nico, is vier jaar gelede in die ouderdom van 17 aan kanker oorlede. “Sy as is in ʼn nis van die gedenkmuur by die NG Kerk in Deneysville  in  die  Vrystaat.  Ons gaan my ma laat veras en haar as langs my broer s’n sit. Dis wat sy sou wou hê.” Castleman laat haar dogter en twee susters, Lorraine Robinson en Charmaine Castleman, agter. Kol.  Ronel Otto, polisiewoordvoerder,  het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak  van moord. “Volgens ons inligting word net die tabletrekenaar vermis. Ons weet nog nie hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie, maar is besig om leidrade op te volg,” het sy gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/ma-glo-vir-tabletrekenaar-vermoor/



opvolg- Sinnelose moord!

Maggie Castleman van Louis Trichardt het gisteraand haar lewe wreedaardig verloor vir n tablet. RIV Maggie!! Die lewe maak nie meer sin nie...

https://m.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1225586710801205/?type=1&source=48&fs=0



ALSO READ:
■ #Murder: #Afrikaner woman shot dead in Louis Trichardt  http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/murder-afrikaner-woman-shot-dead-in.html

#Murder