(Jwplayer)

September 10, 2015

#Murder: Update Black garden worker arrested for the murder of Afrikaner, Johan Vos (73) in Riebeeckstad




#StopWhiteGenocideInSA

A garden worker of murdered Johan Vos (73) of Riebeeckstad was arrested by the police as a suspect in the investigation into his murder


Werker aangekla ná moord


WELKOM. – ’n Tuinwerker van die vermoorde Johan Vos (73) van Riebeeckstad is deur die polisie as verdagte in die ondersoek na sy moord in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die tuinwerker, Seun Ruben Mwyaya (39), is deur ao. Elliot Khutsoane van die Welkom-speurtak in hegtenis geneem. Hy sê Mwyaya het Dinsdag op ’n aanklag van moord in die hof verskyn. Sy aansoek om borgtog word Vrydag in die hof aangehoor. Die staat sal die aansoek teenstaan.

Pierre Vos, Johan se seun, het aan Volksblad gesê net twee selfone is vermoedelik gesteel op die dag dat sy pa in sy motorhuis in Alanstraat, Riebeeckstad, vermoor is.

Johan se hond, Zorro, ’n bulterriër, was in ’n gedeelte van die erf toegemaak wat dit vir sy aanvaller onmoontlik gemaak het om by die huis in te kom.

Die getraumatiseerde hond was vermoedelik van die Dinsdag tot die Vrydag hier vasgekeer. Zorro was teen die Vrydag, toe Vos se liggaam gevind is, baie aggressief en onstabiel.

Pierre se vrou, Carol, het aan Volksblad gesê Zorro het haar skoonpa heeldag opgepas en die gebeure was net te traumaties vir die hond om te verwerk. Die familie het daarom besluit om hom liewer te laat uitsit.

Vos se huiswerker het op die Donderdag (27 Augustus) onrustig geraak toe hy nie tuis was nie. Die vrou, wat al jare vir Vos werk, het die volgende oggend aan ’n ander inwoner van die woonbuurt, by wie sy op Vrydae werk, gesê sy is bekommerd oor Vos. Hy laat haar gewoonlik weet wanneer hy nie tuis sal wees nie.

Hulle het Pierre toe laat weet en hy het kom ondersoek instel en op sy pa se lyk in die motorhuis afgekom.

Volgens die lykskouing is Vos al op die Dinsdag (25 Augustus) vermoor.

Dit is glo ook die dag waarop die tuinwerker gewoonlik kom werk het.

https://m.facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1223833730976503/?type=1&source=48&fs=0

● MURDER: Johan Vos 73, beaten to death by black attackers Riebeeckstad 


#StopWhiteGenocideInSA