(Jwplayer)

September 30, 2015

#MURDER: Dead body of a woman found dumped in river outside Pretoria, police ask for help



Die polisie  benodig  hulp van die publiek om ʼn jong wit vrou, in haar 20’s,  te  identifiseer  nadat  haar  liggaam  twee weke gelede buite  Pretoria  gevind  is. Konst.  Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die vrou se  liggaam is  op 13 September op die oewer van ʼn rivier in die omgewing van die Hennops Pridekaravaanpark,  langs  die  R511-pad noordwes van Centurion, gevind. 

 Die Erasmia-polisie  ondersoek  ʼn saak van moord. Die polisie  se  slagofferidentifikasiesentrum  het  intussen  ʼn  profiel  van  die  slagoffer  opgestel  om aan die publiek te verskaf in ʼn poging om haar identiteit te bepaal en die polisie in hul ondersoek by te staan. Moloto het gesê ʼn nadoodse ondersoek is gedoen en die polisie wag nog vir die uitslae om te bepaal  hoe die vrou dood is. “Sy het sigbare merke aan haar liggaam gehad, maar die oorsaak van haar dood kan nog nie bevestig word voordat die uitslae van die nadoodse ondersoek bekend is nie,”  het  Moloto bygevoeg. Mense met inligting oor wie die vrou mag wees, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Moima, by 083 317 7150 of die Erasmia-polisie by 012 370 1777 te bel.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/jong-vrou-se-lyk-in-rivier-buite-pta-gestort-polisie-vra-hulp/


Also read:

Body dumped in Hennops Pride Caravan Park


PHOTO: saps.gov.za

#MURDER