(Jwplayer)

September 3, 2015

#FarmAttack: Update: 3 Black attackers caught after Melmoth brutal #FarmAttack



Drie vas vir Melmoth-plaasaanval 3 September 2015  

Ses vuurwapens wat gedurende die aanval gesteel is, moet nog teruggevind word. 

Drie verdagtes wat vermoedelik betrokke was by die aanval Dinsdag op die plaas in die Melmoth-omgewing in KwaZuluNatal,  is  Donderdag in die vroeë oggendure vasgetrek.  Arthur Lathleuff  van Mfezi-veiligheidsdienste  het  gesê veiligheidsbeamptes  het  in  samewerking met die polisie inligting van ʼn informant opgevolg en die verdagtes by hul huis ongeveer 6 km van die plaas af in hegtenis geneem. Van die gesteelde items is ook in hul besit gevind. ʼn Vierde verdagte is egter steeds soek en ses vuurwapens wat gedurende die aanval gesteel is, moet nog teruggevind word. Maroela Media het Woensdag berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/nog-negpaar-op-kzn-plaas-aangerand/) dat  Ricky Dinkelman en sy vrou Dinsdagmiddag deur vier verdagtes  op hul plaas oorval en aangerand is. Agt vuurwapens, kontant, juweliersware, ʼn videokamera en ander items is tydens die aanval gesteel. Veiligheidsbeamptes  en sowat 15 boere van die omgewing het met behulp van snuffelhonde die aanvallers  agterna  gesit  en  drie  vuurwapens op die spoor opgetel. Twee vuurwapens was van dié wat uit Dinkelman se kluis gesteel is, terwyl die derde ʼn maand vantevore tydens ʼn ander plaasaanval  gesteel  is. ʼn Woordvoerder van die polisie kon Donderdagoggend nie dadelik bevestig dat die verdagtes in hegtenis  geneem is nie. 
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/drie-vas-vir-melmoth-plaasaanval/


#StopWhiteGenocideInSA