(Jwplayer)

September 24, 2015

#ATTACK: Riana Somsen attacked by armed black attackers for second time: Somsen couple decide to flee South Africa's very violent criminals


Riana Somsen, die vrou wat in Junie saam met haar gesin en ongeveer 30 vriende deur gewapende rowers in hul huis in Johannesburg aangehou is, was Dinsdag wéér die slagoffer van ʼn gewapende rooftog.


Vrou wéér beroof: ‘Daar is net te veel haat in hierdie land’

Maroela Media het vroeër berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/linden-gesinemigreer-na-huisroof/)
die  Somsen-gesin en hul vriende is op ʼn Saterdagaand in hul huis in Linden aangehou toe drie gewapende rowers met klapmusse en 9mm vuurwapens by die hek ingeglip terwyl die hek besig was om toe te gaan nadat gaste ingekom het. Die rowers het die mense in die huis laat platlê terwyl hulle selfone, horlosies en skootrekenaars bymekaargemaak het. Hulle het uiteindelik met hul buit op die vlug geslaan. Hans, Riana se man, het destyds aan Maroela Media gesê die gesin is in die proses om na Nederland te emigreer omdat hulle vrees vir hul veiligheid. Hans is intussen reeds Nederland toe, maar Riana en hul drie kinders is nog in Suid-Afrika. Ironies  genoeg moes Riana, ʼn landskapargitek, Dinsdag weereens in die loop van ʼn geweer vaskyk, toe  sy by ʼn kliënt se huis in Bryanston beroof is. “Ek het omstreeks 09:30 buite die huis gestaan en met die eienaar van die huis gepraat terwyl sy in haar motor gesit het. Drie van my werkers was besig  om gereedskap op die waentjie te laai. Die volgende oomblik het ʼn bakkie langs ons gestop en drie mans het uitgeklim,” vertel sy.

“Ek  het eers gedink hulle stop om aanwysings te vra, maar toe sien ek die 9mm-vuurwapen in elkeen  se hand. Ek het dadelik my hande in die lug gehou en in Engels gesê, ‘Vat wat jy wil. Moet asseblief  nie  skiet  nie.’”  Die  rowers  het  Riana  se  trouring  en  armband gevat en haar kliënt gedwing om uit haar motor te klim. Hulle het met die motor en hul bakkie gevlug. “Dit  was so vinnig verby, ek sal hulle nie eens herken as ek hulle weer sien nie. Toe hy daardie vuurwapen oorhaal en na my stap, het daar net so kalmte oor my gekom. Ek het geweet as ek hardloop,  sal  hy  my in die rug skiet. Wat kan jy doen? Jy staan net daar en jy bid dat jy hierdie rooftog  ook oorleef.” Sy het gesê sy is nie kwaad of bang na die rooftog nie, maar wel moedeloos oor die misdaad in die land.  “Wat help dit jy is kwaad? Vir wie is jy in elk geval kwaad? Ons hele stelsel het misluk. Al wat jy  kan doen, is om dankbaar te wees dat jy leef, dankbaar te wees dat jy nie aangerand of geskiet is nie  en aangaan met jou lewe,” het sy gesê. “Ons is baie hartseer om hierdie land te verlaat. Alles is hier, ons vriende, familie,  alles  wat  ons  ken. Maar wat kan jy doen? Daar is net te veel haat in hierdie land. Ek het nou maar vrede gemaak.” Maroela Media wag vir kommentaar van die polisie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/vrou-weer-beroof-daar-is-net-te-veel-haat-in-hierdie-land/


ATTACK