(Jwplayer)

September 13, 2015

#Attack: Afrikaner woman, Yolandi Raath (25) lives in fear after black man armed with a knife attacks her at home


Yolandi het ook kneusplekke aan haar nek.
Yolandi het ook kneusplekke aan haar nek.
Yolandi Raath van Meyerton is laasweek deur 'n man, gewapen met 'n mes, by haar woning aangeval.
Yolandi Raath van Meyerton is laasweek deur ‘n man, gewapen met ‘n mes, by haar woning aangeval.
Die ligte snymerke op Yolandi se been. Sy het vir lewe en dood  baklei sodat die man haar en die kinders in vrede kan los.
Die ligte snymerke op Yolandi se been. Sy het vir lewe en dood baklei sodat die man haar en die kinders in vrede kan los.


Vrou leef in vrees na aanval


MEYERTON. – Wat veronderstel was om ’n normale dag vir Yolandi Raath (25) te wees, het in ’n nagmerrie ontaard toe sy in ’n bakleiery betrokke geraak het met ’n onbekende man wat haar met ’n mes in haar woning probeer aanval het.
Yolandi was op 2 September omstreeks 08:30 by haar huis in Pierneef-boulevard saam met haar twee kinders, Amy (4) en Wessley (2) asook haar broer, Richard Nolan se dogtertjie, Phillipa-Lia (18 maande) na wie sy deur die dag kyk. Sy het die staalhek oopgemaak om die hond kos te gee toe die man sy hand deur die opening druk, sodat sy nie in staat was om die hek oop te maak nie. “Ek het die houtdeur toegemaak, maar hy het hom afgeskop. Ek het begin hardloop om by die kinders te kom,” sê sy.
Yolandi het haar oefenmasjien (fitness flyer) omgegooi sodat die man nie so vinnig by haar kon kom nie. Sy het dit reggekry om die kinders in ’n vertrek te kry en net toe sy die deur toemaak wat die twee vertrekke skei, was die man agter haar. “Hy het ’n mes teen my keel gedruk en ek het dadelik begin baklei om uit sy greep te kom. Hy het die mes in my been probeer steek, maar ek het net aanhou baklei sodat hy my nie kon onderkry nie,” sê Yolandi.
Nadat sy hom met ’n besem bygekom het en hom met ’n glas oor sy kop geslaan het, het hy haar weggestamp, een kyk gegee en toe geloop. “Ek het net daar op die vloer neergeval. Ek het gedink hy gaan terugkom, maar hy het nie. Ek weet nie wat hy wou hê nie, maar al wat deur my kop gegaan het was dat ek hom moet keer om by die kinders te kom.”
Yolandi het ’n paar kneusplekke en snywonde aan haar lyf opgedoen. Sy het dadelik hulp ontbied, waarna die polisie die toneel vir leidrade en vingerafdrukke gefynkam het. Phillipa-lia het bietjie seergekry omdat Yolandi haar aan die arm gegryp het en in die ander vertrek “gegooi” het, maar paramedici van ER24 het haar ondersoek en sy het geen beserings nie. “Ek lewe in vrees, want die man is nog nie gevind nie. Ek weet nie wat hy wou hê nie, maar baie mense reken hy het my dopgehou en gesien ek is alleen saam met drie kinders elke dag en hy wou my dalk verkrag,” sê sy. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
http://vaalweekblad.com/4111/vrou-leef-in-vrees-na-aanval/

#ATTACK