(Jwplayer)

September 1, 2015

ANOTHER MURDER: Elderly ‪#‎Afrikaner‬ woman (86) brutally murdered in her Schweizer Reneke home. She was stabbed to death


Bejaarde Vrou is Wreed in Schweizer Reneke Vermoor
SCHWEIZER-RENEKE - Wiets Botes (56), het Maandagmiddag op die lyk van sy ma, Bollie (86), in haar huis in Schweizer-Reneke afgekom. Sy is vermoedelik tussen 13:00 en 17:00 vermoor. https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=417392755128421&id=148477018686664&fs=0

SCHWEIZER-RENEKE – Wiets Botes (56), het Maandagmiddag op die lyk van sy ma, Bollie (86), in haar huis in Schweizer-Reneke afgekom. Sy is vermoedelik tussen 13:00 en 17:00 vermoor.
Daar was verskeie steekwonde aan haar gesig en nek, volgens majoor Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Wes-Transvaal. Botes het ‘n bitter hart en meen sy ma moes nie so gesterf het nie. Hy vermoed Bollie het in haar laaste oomblikke na hom geroep. Die seer is diep nagelaat omdat die familie van ’n ordentlike afskeid beroof is en nou oorheers word deur die negatiewe sy van hoe sy dood is.
Volgens Botes het hy Maandag, soos elke middag ná werk, omstreeks 17:00 by sy ma se huis in Cronjéstraat waar sy alleen gewoon het, gestop. Die veiligheidsdeur was blykbaar gesluit. Botes het dit met sy sleutel vir haar huis oopgesluit. Sy het nie soos dikwels op die sitkamerbank gesit nie en hy het haar in die tweede kamer gekry. Hy het eers vermoed Bollie het geval, want sy het glo op die teëls gelê en was met beddegoed bedek. Toe hy aan haar voet vat, was dit koud, daar was ook bloed. Botes het dadelik na ‘n polisieman drie huise van hulle gegaan.
Botes is nog nie seker of enigiets gesteel is nie, daar was nie gedwonge toegang tot die huis nie. Dit blyk of wie ook al daar was, die veiligheidshek gesluit en die sleutel weer ingegooi het, want dit het in die sitkamer op die grond gelê. Geen vensters is gebreek nie, die vrieskas het oopgestaan, dit lyk egter of hulle na iets gesoek het.
‘n Plaaslike organisasie het nog Maandag omstreeks 12:15 vir Bollie middagete gevat. Sy was toe nog betreklik gesond, al het sy met ‘n loopraam geloop. Sondae het sy nog haar eie kos gemaak. Die familie het oorweeg om Bollie een of ander tyd ouetehuis toe te stuur. Bollie sou blykbaar in Desember ‘n besluit daaroor neem.
Bollie Botes het sedert 1980 in die huis in Cronjéstraat gewoon. Haar man, Daan, is jare gelede reeds oorlede. Hulle het nege kinders gehad, waarvan vyf reeds oorlede is. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Niemand is nog aangekeer nie 

http://bmarksa.org/nuus/bejaarde-vrou-is-wreed-in-schweizer-reneke-vermoor